Laerskool Tuine
Skooldrag
Skoolklere Verskaffers
- Almega Uitrusters, (in Tuine Mediese Sentrum), Pretoria-Tuine, Tel: 012 379-4598
- A.T.K.V. (oorkant Total Garage), Mootstraat 533, Pretoria-Tuine, Tel: 012 379-0216
- Overkruin Uitrusters, Pretoria-Noord, Tel: 012 546-5718
- Silvercross, Madelief Sentrum, Pretoria-Noord, Tel: 012 546-6525
Dogters Skooldrag - Netheid:
- Naels moet skoon wees. GEEN lang naels of NAELLAK nie. Mag nie oor vingerpunte steek nie.
- Klein oorringetjies OF een paar knoppies (sonder steentjies) is toelaatbaar.
- Goud/silver, seëlring en polshorlosie mag gedra word.
- Mediese armbandjies (Crisis-On-Call of Medic Alert) mag gedra word.
- Hare moet netjies versorg wees, geen snaakse haarstyle met snaakse haartoebehore.
- Langhare moet vasgebind word met rekkies of linte. Kleur: Wit, meroen of groen.
- Hare mag nie gekleur word nie.
- Vlegsels agter en langs die kop, nie voor nie.
- Broekrompe nie te kort nie. Vier vingers bokant die knie.
- Geen hare mag in die oë hang nie – dit moet weggesteek word met knippies.
Dogters Skooldrag: Somer
- Geruite broekromp
- Swart skoolskoene met bandjie oor die voet/toeryg swart skoolskoene
- Wit enkel kouse
- Bottelgroen gholfhemp waarop “Groenie” geborduur is. Slegs hempies wat by die skoolverskaffers aangehoop word, sal toegelaat word
Dogters Skooldrag: Winter
- Swart skoolskoene met bandjie oor die voet/toeryg swart skoolskoene
- Bottelgroen skoolsweetpak baadjie en broek
- Wit enkel kouse
- Groen langmou gholfhemp waarop “Groenie” geborduur is. Slegs hempies wat by die skoolverskaffers aangekoop word, sal toegelaat word.
Sens Skooldrag - Netheid:
- Geen juwele nie, behalwe ‘n horlosie
- Mediese armbandjies (Crisis-On-Call of Medic Alert) mag gedra word.
- Hare moet netjies kort en egalig gesny wees. Mag nie die kraag raak nie
- Geen “steps” nie
- Hare mag nie gekleur word nie. Geen “Gel” in die hare nie
- Naels moet skoon en kort wees
Seuns Skooldrag: Somer
- Kort grys broek
- Swart skoolskoene wat voor toeryg
- Lang grys kouse
- Bottelgroen gholfhemp waarop “Groenie” geborduur is. Slegs hempies wat by die skoolverskaffers aangehoop word, sal toegelaat word
Seuns Skooldraf: Winter
- Grys langbroek
- Swart skoolskoene wat voor toeryg
- Bottelgroen skoolsweetpak baadjie
- Lang grys kouse
- Bottelgroen gholfhemp waarop “Groenie” geborduur is. Slegs hempies wat by die skoolverskaffers aangekoop word, sal toegelaat word