Laerskool Tuine

Naskool

Laerskool Tuine het 'n naskool op die terrein vanaf 14:20 - 17:15

Wat bied die naskool u kind:

  1. 'n Veilige hawe waar daar vir die leerders omgegee word.
  2. Leerders is op die terrein vir enige aktiwiteite.
  3. 'n Verpligte studie uur vanaf 14:00 - 15:00 waar onderwyseresse behulpsaam is met huiswerk vanaf Graad 1 - 4. Die leerders van Graad 5 - 7 doen self huiswerk en daar is 'n onderwyseres om hulp te verleen indien 'n leerder vra.
  4. Voedsame broodjies met protein vulsel vir die honger gaatjies, yoghurt en vrugte op sekere dae.
  5. Vakansieskool waar leerders veilig opgepas word.
  6. Kostes van die naskool is uiteengesit in die huiswerkboek. U is welkom om Monica du Randt te skakel by 082 973 2808.