Laerskool Tuine

Wapen, Leuse en Skoollied

LaerskoolTuine Wapen

Die Wapen

Die anker op ons wapen staan vir standvastigheid en die wiel vir vooruitgang en groei.

Die Leuse

"Diens en Trou" spreek vanself van die waardes wat ingeskerp word by die skool en vind nou aanklank by die skool se Visie en Missie.

Die kleur van die skooldrag

Groen simboliseer groei en wit die onskuld van ons jeug.

Die Skoollied

Tuine Skool
Liefde, Diens en Trou
Dis ons eie Leuse

Tuine Skool
Ons sal jou onthou
Deur ons hele lewe

In ons Leuse "Diens en Trou"
Het ons jou belowe
Dat ons elke dag sal bou
Na die mooiste strewe
Al ons liefde
Al ons trou
Al ons ideaal
Om te lewe
Om te onthou
Liefde, Diens en Trou

Ons Leuse

Diens en Trou

Trots, Waardig en Doelgerig - Uniek ... Altyd Vorentoe