Laerskool Tuine

Groenie Nessie kleuterskool het nog plek vir 2020

Ouderdom 4-6 jaar

Gekwalifiseerde personeel

Ons kontak besonderhede

Tuisblad

Nuusflitse

Boodskap van die Hoof, Mnr. P J Snyman

YouTube Video

Aan die ouers, leerders en mede kollegas van Laerskool Tuine:

MOET NOOIT:

  • Opkrop as jy iets op die hart het nie,
  • Stilbly as jy 'n opinie het nie,
  • Moed opgee as jy sukkel nie,
  • Kwaad word as jy teleurgestel word nie,
  • Ophou wanneer jy verloor het nie,
  • Ongeduldig raak as jy nie jou sin kry nie,
  • Bly lê as jy geval het nie,
  • Persoonlik raak as jy in die rug gesteek word nie,
  • Sinies raak as liefde nie uitwerk nie,
  • Oordeel as jy iemand nie ken nie,
  • Verwyt as iemand jou seermaak nie,
  • Ophou glo as jou vertroue geskend word nie,
  • Bang wees as jy alleen is nie en
  • Twyfel in jou self nie.

WANT... Elkeen is baie spesiaal en elke liewe ding wat met jou of u gebeur en elke liewe mens wat oor jou pad kom, is vooraf vir jou beplan om jou sterker, wyser en slimmer te maak en jou diepte en karakter te gee. Geniet jou lewensreis... Onthou... Hoop maak die reis moontlik, geloof maak dit makliker en liefde maak dit onvergeetlik mooi!

Groete,
Jaco Snyman